Nuusflits / Newsflash
Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies word benoem vir 'n SAMA Toekenning!
Afrikaans
Tuisblad
Goggatjie DVDs
Goggatjie CDs
Goggatjie Speelpop
Winkel
Die Goggatjie Span
Kontak/Besprekings
Lirieke
Muurpapier
Inkleurboekie
Foto's
English
Home
Goggatjie DVDs
Goggatjie CD
Goggatjie Toy
Shop
Contact/Bookings
Lyrics
Wallpaper
Colouring Book
Photos
Goggatjie Newsletter:
e-mail address:


Jonathan en Alexander se Goggatjie Partytjie

Twee van die grootste bewonderaars van Goggatjie bly in Meyerton!

Twee boeties, Jonathan en Alexander Pienaar, het verjaar en hulle ouers het 'n groot partytjie vir die twee oulike seuntjies saam gereël by die La Lune Gastehuis en Teetuin by Henley on Klip.

Alex is drie en Jonathan nege jaar oud. Agter die gedekte tafels (vol gekleurde ballonne) was 'n heining waarteen groot plakkate van al die diere in die CD 'Goggatjie Gaan Wildtuin Toe' geplak was - leeus, olifante, bobbejane, kameelperde en zebras. En Goggatjie se liedjies is die hele tyd gehoor!

Alex en Jonathan was baie verras toe hulle hulle geskenke oopmaak en in twee pakkies was vir hulle elkeen 'n Goggatjie speelpop! Alex het dadelik iemand gevra om sy naam onder Goggatjie se een voet te skryf, sodat niemand sy pop (per ongeluk!) kon vat nie. Hy het die hele oggend met Goggatjie onder sy arm partytjie gehou!

Jonathan is 'n leerling van die Laerskool Dr. Verwoerd en het al sy maatjies na die partytjie genooi. Alex is in die Disa Kleuterskool en al sy maatjies was ook daar. Hulle luister elke dag na Goggatjie se stories en kan al die gediggies voordra!

Alex het 'n Goggatjie verjaardagkoek gehad en op Jonathan, wat baie van motors hou, se verjaardagkoek was 'n rooi motor van versiersuiker. Hulle Tannie Molleen het vir hulle die twee koeke versier.

Kliek op die fotos hieronder om te vergroot:


 
© 2009-2011 AKA Records