Nuusflits / Newsflash

Goggatjie se tweede DVD is nou beskikbaar! Die Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies DVD is propvol liedjies van die verlede vir kindertjies van die hede!

Anton Engelen

Anton Engelen

Anton Engelen het stemwerk sedert ‘n baie vroeë ouderdom verrig. Hy het sy eerste radioflits op 3-jarige ouderdom gedoen.

Oorklankings vir Televisie, kinderstemme in animasie reekse en Radio en Televisie stem-advertensies het gevolg. Hy het die gewilde ‘Redro’ TV stem in graad 5 gehanteer.Anton het op laerskoolvlak in Henk Hugo se pragtige televisiereeks ‘Die Klein Jakkalsies’ die rol van Kalli gespeel.Hy staan ook sy Pa, die TV-regisseur Jan Engelen gereeld by met TV-reekse en korporatiewe video verfilming.

Met al die lieflike blootstelling kan dit nie anders dat Anton reeds in sy vroeë twintigs met gemak vele Radio en TV advertensie-flitse met sy stem hanteer en aanbied. In 2003 het Anton ook ‘n draai in die gewilde ‘Egoli’ gemaak en sy hartlike glimlag spreek van aanhoudende kennis opdoen so tussen al die ‘grotes’.

‘Ek is my ouers Jan en Mariette Engelen dankbaar dat hulle my sedert kleintyd op ‘n gereelde basis toegewyd laat kennismaak het met kinderverhale en regte outydse storievertel.’

‘Ek kan Goggatjie voor my sien leef – dis asof ek hom baie goed ken – hy is reeds my goeie vriendtjie!’ sê Anton glimlaggend.

 
© 2009-2011 AKA Records