Nuusflits / Newsflash

Goggatjie se tweede DVD is nou beskikbaar! Die Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies DVD is propvol liedjies van die verlede vir kindertjies van die hede!

Afrikaans
Tuisblad
Goggatjie DVDs
Goggatjie CDs
Goggatjie Speelpop
Winkel
Die Goggatjie Span
Kontak/Besprekings
Lirieke
Muurpapier
Inkleurboekie
Foto's
English
Home
Goggatjie DVDs
Goggatjie CD
Goggatjie Toy
Shop
Contact/Bookings
Lyrics
Wallpaper
Colouring Book
Photos
Goggatjie Newsletter:
e-mail address:


Evert Snyman

Evert Snyman

Evert Snyman het in 1976 by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), as akteur begin werk en is twee jaar later Lugmag toe waar hy by KOLOT - die kollege vir opvoedkundige tegnologie - as regisseur, draaiboekskrywer en stemkunstenaar dokumentêre programme vir die weermag vervaardig het.

Hy tree deurentyd op as akteur in verskillende radiodramas en reekse vir die destydse Afrikaanse Radiodiens en Springbokradio. In 1982 sluit hy hom aan by die Afrikaanse Radiodiens as omroeper/regisseur en twee jaar later gaan werk hy by Mimosafilms as regisseur/akteur/draaiboekskrywer.

Hy verlaat Mimosa films aan die einde van 1984 en betree die vryskutmark as akteur, omroeper, regisseur en skrywer tot in 1987 en keer terug na die Afrikaanse radiodiens as Senior Omroeper/Regisseur.

Hy word in 1994 bekroon met ‘n Artes-toekenning as Beste Uitsaaier: Radiodienste wat in Engels en Afrikaans uitsaai.

 
© 2009-2011 AKA Records