Nuusflits / Newsflash
Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies word benoem vir 'n SAMA Toekenning!

Elma Potgieter

Elma Potgieter

Elma Potgieter is ook bekend as die Wielie Walie-tannie. Sy werk sedert 1976 as vryskut verhoog-, TV- en rolprentakteur, TV-aanbieder sowel as stemkunstenaar. Almal ken haar as die geliefde Tannie Elma in die geslaagde TV-kinderprogram Wielie Walie. Landswyd het kleuters haar as hulle ‘eie’ beskou. Sy het ook ‘n ruk lank Kraaines vir die jongklomp aangebied.

Elma het kindersprokies vir televisie oorgeklank, kinderverhale vir die radio voorgelees en ‘n plaat vir kinders uitgegee. Sy het ook in verskeie wyedoekrolprente en TV-reekse gespeel soos onlangs in Sewende Laan, Binnelanders en nou Erfsondes.

Sy het kinderstories vir die radio geskryf en ook daarin gespeel. Haar eerste roman ('n Tweede Begin) word in 2007 gepubliseer.

 
© 2009-2011 AKA Records