Nuusflits / Newsflash

The Goggatjie 50cm Plush Toy is now available! The Goggatjie Toy brings Goggatjie to life stimulating your child’s imagination and providing hours of non-stop fun.

Afrikaans
Tuisblad
Goggatjie DVDs
Goggatjie CDs
Goggatjie Speelpop
Winkel
Die Goggatjie Span
Kontak/Besprekings
Lirieke
Muurpapier
Inkleurboekie
Foto's
English
Home
Goggatjie DVDs
Goggatjie CD
Goggatjie Toy
Shop
Contact/Bookings
Lyrics
Wallpaper
Colouring Book
Photos
Goggatjie Newsletter:
e-mail address:


Lily Krügel

Lily Krügel

Lily Krügel was gelukkig om op ‘n plaas in die Kalahari (Vryburg distrik) groot te word. Haar liefde vir die natuur het daar begin, met wandelings in die veld, waar sy kennis gemaak het met patryse, paddas, geitjies, steenbokkies, meerkatjies en muise – karaktertjies wat kort, kort in haar stories opduik.

Lily se skoolloopbaan het in die skooltjie op hulle plaas begin. Buiten haar vier sussies en twee boeties, was daar gedurig baie kinders in die huis om die skool aan die gang te hou. Haar hoërskool loopbaan het sy aan die Hoërskool Vryburg voltooi. Sy het daarna in ‘n bank gaan werk, waar sy later met die teller getroud is. Hulle is na Ermelo verplaas waar haar twee kinders Pieter en Annemarie gebore is.

Na ses jaar in Ermelo het haar man ‘n sake-onderneming begin wat hulle vir dertig jaar suksesvol bedryf het. In 1991 is hy skielik oorlede en sy het alleen die Fotografiese onderneming hanteer; een jaar in Ermelo, waarna sy dit in Sunninghill, Johannesburg voortgesit het vir drie jaar en toe verkoop het.

Hoewel skryf haar groot liefde is, bestee sy ook tyd aan die skilderkuns en neem gereeld aan uitstallings, soos Kuns In Die Park, deel. Draf is nog iets waarvan sy baie hou, sy is lid van ‘n marathon klub in Centurion, waar sy nou woon en sy neem gereeld aan padwedlope deel.

Haar skilder talent het al aan haar twee maande verblyf in Parys (Frankryk) besorg. Omdat sy soveel belangstelling in die skryfkuns het, woon sy soms die ATKV-Skryfskool in Potchefstroom by. Behalwe kinderstories, skryf sy ook artikels wat in tydskrifte soos Taalgenot verskyn het.

In November 2007 is Lily deur die ATKV as Centurion Vrywillige Werker van die Jaar in die kategorieë Kultuur, Sport en Welsyn aangewys.

Lily het baie deernis en liefde vir kinders en sy hoop van harte dat dit hulle gelukkig sal maak om na haar stories te luister.

 
© 2009-2011 AKA Records